Verfyn. Verras. Onvergeetlik.

Liglyn bied digitale, sosiale en kreatiewe advies en oplossings vir klein tot medium ondernemings. Ons maak jou handelsmerk uniek en onvergeetlik.

Oor Liglyn

Kreatiewe denke. Werklike impak.

Liglyn bied digitale, sosiale en kreatiewe konsultasie, oplossings en advies vir klein tot medium ondernemings. Ons is kreatief en ons fokus daarop om jou handelsmerk - hetsy jy ’n entrepreneur of spreker is - uniek en onvergeetlik te maak. Ons glo dat effektiewe kommunikasie en kreatiewe strategieë jou uitnemend maak en onderskei van die res. Ons hou baie daarvan om ’n idee van vaal na vars te neem en het ’n baie fyn oog vir detail. Ons werk saam met jou om jou handelsmerk na die volgende vlak te neem en onvergeetlike digitale en persoonlike ervarings te skep.

Liglyn kombineer kreatiwiteit, kommunikasie, digitale oplossings en strategiese denke om handelsmerke en boodskappe te verfyn, te versterk en onvergeetlik te maak.

Diens Katalogus

Dienste vir besighede & entrepreneurs

Skaalbare oplossings vir die moderne digitale landskap.

01.0

Digitale bemarking

Omvattende strategieë vir aanlyn groei en sigbaarheid.

02.0

Webontwikkeling & hosting

Vinnige, veilige en pasgemaakte webwerf-oplossings.

03.0

Sosiale media-beheer

Strategiese bestuur van u handelsmerk se aanlyn teenwoordigheid oor alle platforms.

04.0

SEO-optimalisering

Verbeter u soekresultate en lok organiese verkeer.

05.0

Aanlyn advertensies

Gerigte veldtogte wat werklike resultate lewer.

06.0

Grafiese ontwerp

Kreatiewe visuele elemente wat u boodskap versterk.

07.0

Visuele storievertelling (video's, reels)

Innemende visuele inhoud wat aanklank vind.

08.0

Blogs en artikels

Inhoudskepping wat waarde toevoeg tot u gehoor.

09.0

Kommunikasiestrategieë

Effektiewe boodskappe vir alle platforms.

10.0

Handelsmerkvestiging

Bou 'n identiteit wat onvergeetlik is.

11.0

Geleentheids- en funksiebeplanning

End-tot-end beplanning vir onvergeetlike ervarings.

12.0

Korporatiewe kommunikasie

Duidelike, professionele boodskappe vir alle belanghebbendes.

Sprekers & kundiges

NOOI 'N KUNDIGE.

Is jy ’n spreker met die fokus om entrepreneurs, sake-eienaars of maatskappye toe te spreek? Sluit by ons netwerk aan om die entrepreneurs en leiers van die toekoms te bemagtig.

Nie net nog ’n gasspreker nie - iemand wat bemagtig, aanspoor en oplei vir die toekomstige leiers van ons land. Ons pas ons dienste aan by jou unieke behoeftes en verseker dat jou boodskap op ’n verfynde, verrassende en onvergeetlike manier oorgedra word.

Ons netwerk

Ons netwerk van sprekers en kundiges

Liglyn se ervare sprekers en kundiges bring ’n verskeidenheid van ervarings en kundigheid na die tafel.

Elkeen van hulle is ’n kenner van hulle veld en uitstekend voor ’n groot gehoor of vir kleiner werkswinkels - perfek vir konferensies, werkswinkels en seminare.

Salomien Boshoff - Opleier, Fasiliteerder & BemarkingstrateegREF. 01-01

Salomien Boshoff

Opleier, Fasiliteerder & Bemarkingstrateeg

Salomien Boshoff is 'n opleier, fasiliteerder en bemarkingstrateeg wat organisasies, bestuurspanne en entrepreneurs help om beter besluite te neem, sterker handelsmerke te bou en meer betekenisvolle kliënteverhoudings te ontwikkel. Haar opleiding fokus op temas soos bemarkingstrategie, verkope, handelsmerkontwikkeling, innovasie, spanwerk, veranderingsbestuur en kliënte-ervaring. Sy is bekend vir haar praktiese, interaktiewe styl wat deelnemers toerus met toepasbare insigte en gereedskap wat onmiddellik in die werksplek gebruik kan word.

Lizán Maree - Bemarkingsbestuurder & Denkvoorkeur-kennerREF. 01-02

Lizán Maree

Bemarkingsbestuurder & Denkvoorkeur-kenner

Sommige mense verstaan besigheid. Ander verstaan mense. Lizán Maree se passie lê daarin om die twee bymekaar te bring. Met uitgebreide ervaring in bemarking, kommunikasie en hoër onderwys help sy individue, spanne en organisasies om die verskillende maniere waarop mense dink en besluite neem beter te verstaan. Haar werk rondom denkvoorkeure wys hoe groter begrip van jouself en ander kan lei tot sterker samewerking, beter kommunikasie en meer effektiewe leierskap.

Carien Bloem - Strategiese KommunikasiepraktisynREF. 01-03

Carien Bloem

Strategiese Kommunikasiepraktisyn

Carien Bloem is 'n dinamiese en resultaatgedrewe kommunikasiepraktisyn met meer as 17 jaar se ervaring in strategiese kommunikasie, openbare betrekkinge, mediaskakeling, projekbestuur en belangegroepbetrokkenheid. Sy beskik oor uitgebreide ervaring in die ontwikkeling en implementering van kommunikasiestrategieë, handelsmerkbestuur en mediaverhoudinge, die skep van inhoud en die koördinering van projekte en veldtogte.

Wil jy ’n spreker van Liglyn by jou geleentheid hê?

Kontak ons vandag nog. Ons is hier om jou te help om jou handelsmerk te verfyn en jou boodskap onvergeetlik te maak.

Ons Span

Die mense agter die visie.

Drie perspektiewe. Een gedeelde fokus: werk wat verfyn, verras en onthou word.

Sanderien van der Walt01

Sanderien van der Walt

Idees. Inhoud. Inisiatief.

Carien Bloem02

Carien Bloem

Kreatief. Kommunikasie. Konsep.

Mareli Swanepoel03

Mareli Swanepoel

Onderneem. Organiseer. Ontleed.

Kontak

Wil jy ’n spreker van Liglyn by jou geleentheid hê?

Kontak ons vandag nog. Ons is hier om jou te help om jou handelsmerk te verfyn en jou boodskap onvergeetlik te maak.

Wil jy van Liglyn se dienste gebruik maak? Kontak ons vandag nog.

E-pos

info@liglyn.co.za

Telefoon

082 491 5277

Adres

Pretoria

Boodskap

Stuur vir ons ’n boodskap

Wanneer jy stuur, open jou e-posprogram met die boodskap reeds ingevul.